Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: sowat 40 minute

30 ml (2 e) olyfolie

1 ui, grof gekap

2 knoffelhuisies, grof gekap

1 selderystingel, grof gekap

2 rooi soetrissies, grof gesny

1 brandrissie, sonder pitte en fyn gekap

5 ml (1 t) paprika

1 blik (410 g) witboontjies (cannellini)

2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties

500 ml (2 k) groenteaftreksel

15 ml (1 e) suiker

sout en vars gemaalde swartpeper

pietersielie vir garnering (opsioneel)

1 Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die ui, knoffel en seldery ’n paar minute.

2 Roer die soetrissies, brandrissie en paprika by en braai nog ’n minuut.

3 Sit die witboontjies, tamaties, aftreksel en suiker by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut 10 minute.

4 Geur met sout en peper na smaak. Sit voor saam met vars gebakte brood. Garneer met vars gekapte pietersielie indien verkies.

Volg Huisgenoot op Twitter.