Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

15 ml (1 e) olyfolie

1 groot rooi ui, gekap

3 knoffelhuisies, fyngedruk

500 g gemengde sampioene, grof gekap

1 blik (410 g) gekapte tamaties

5 ml (1 t) gedroogde basilie

5 ml (1 t) gedroogde origanum

sout en vars gemaalde swartpeper

15 ml (1 e) bruinsuiker

250 g spaghetti, gaargemaak volgens die aanwysings op die verpakking

1 Verhit die olie in ’n groot kastrol, voeg die ui by en roerbraai tot goudbruin.

2 Voeg die knoffel en sampioene by en soteer 10 minute. Roer die geblikte tamaties in, verminder die hitte en laat prut 10 tot 15 minute.

3 Geur met die kruie, sout en peper. Voeg die suiker by en laat prut nog 5 minute. As die sous te droog is, voeg 125 ml (½ k) water by.

4 Sit voor met die gaar spaghetti.

- Carmen Hendricks