Genoeg vir 4 porsies

1 rooi ui

2 knoffelhuisies

2 rooi soetrissies

20 g botter

2 blikke (410 g elk) kersietamaties

20 ml (4 t) sagte bruinsuiker

sout en vars gemaalde swartpeper

knippie paprika

150 ml room of jogurt

basilieblare

Kap die ui, knoffel en soetrissies grof en verhit die botter.

Braai die uimengsel ’n paar minute en roer die geblikte tamaties by.

Geur met suiker, sout, vars gemaalde swartpeper en paprika.

Bring alles tot kookpunt, verlaag die hitte en laat 10 minute prut.

Roer die room of jogurt by en verhit tot goed warm.

Skep die sop in bakkies en garneer met basilieblare.

Wenk: Indien jy hou van ’n fyn sop, gebruik ’n staafmenger en pols tot fyn.