Lewer 8 pakkies

Bereiding: 15 minute

RYS

500 ml (2 k) Spekko-bruinrys, gekook (1 k rou rys lewer 3½ k gaar rys)

80 ml (? k) gekapte vars koljander

125 ml (½ k) Griekse jogurt

5 ml (1 t) brandrissievlokkies (opsioneel)

gerasperde skil van 1 suurlemoen

sout en peper

KOSPAKKIES

8 velle ryspapier

½ komkommer, in vuurhoutjiestokkies gesny

1 geel soetrissie, in skywe gesny

RYS Meng al die bestanddele en sit eenkant.

KOSPAKKIES Week die ryspapier in ’n bietjie water tot dit buigsaam is en begin dadelik die kospakkies aanmekaarsit.

Pak die stukke komkommer en soetrissie op die saggemaakte ryspapier en voeg ’n lepel vol van die rysmengsel by. Rol op soos ’n Chinese rolletjie (spring roll), sny middeldeur en sit voor.

- Carmen Hendricks