Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Genoeg vir 4-6 mense

GROENTE

500 g blomkool, in kleiner boompies gebreek

500 g baba-aartappels, gehalveer

500 g baba-worteltjies

500 g sampioene

500 g groenbone, gehalveer

60 ml (¼ k) olyfolie

sout en peper na smaak

SOUS                   

15 ml (1 e) botter

30 ml (2 e) whisky

10 ml (2 t) gemaalde swartpeper

500 ml (2 k) vars room

Voorverhit die oond tot 180 °C.

GROENTE

Pak al die groente in ’n middelslag-oondskottel, geur met sout en peper en bedruip met die olyfolie.

Bak 20 minute tot net gaar, maar die groente moet nog lekker krakerig wees.

SOUS

Smelt intussen die botter in ’n kastrol en giet die whisky by.

Laat prut ’n minuut.

Verlaag die hitte en voeg die peper en room by.

Laat prut 2-3 minute tot geurig.

Giet die sous oor die groente en sit warm voor met vars ciabatta-brood of as bygereg.

- Berei deur Carmen Hendricks