Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

30 ml (2 e) olyfolie

300 g bratwurst, in 2 cm-stukke gesny

2 groot uie, fyn gekap

3 knoffelhuisies, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

1 rooi soetrissie, ontkern en in klein blokkies gesny

2 blikke (400 g elk) heel tamaties, gekap

500 ml (2 k) groenteaftreksel

vars origanum

5 ml (1 t) sagte bruinsuiker

1 blik (400 g) klein witbone

Verhit van die olie in ’n groot kastrol, braai die worsies ’n paar minute, skep uit en verhit die res van die olie.

Braai die uie en knoffel tot geurig; geur met sout en peper.

Braai die soetrissie saam met die uie en knoffel en voeg die tamaties, groenteaftreksel, origanum en bruinsuiker by.

Geur indien nodig en laat prut sowat 15 minute.

Voeg die worsies en die boontjies by die sop en laat prut nog 5-10 minute.

Sit voor saam met varsgebakte brood.

WENK: Gebruik heel geblikte tamaties en kap dit self fyn; ek vind die sous is romeriger en dikker as dié van gekapte bliktamaties.

Volg Huisgenoot op Twitter.