’n Heerlike bykos of vegetariese hoofgereg.

Genoeg vir 6 mense

Gaarmaak: 20 min.

Bereiding: 5 min.

2 naeltjies

1 ui, gehalveer

500 ml (2 k) melk

1 lourierblaar

2,5 ml (½ t) swartpeperkorrels

30 g botter

20 ml (4 t) meel

60 ml (¼ k) room

5 ml (1 t) heelkorrelmosterd

175 g beleë cheddarkaas, gerasper

1 kg gemengde groente, geblansjeer (blomkool, broccoli, wortels)

Voorverhit die rooster.

1 Steek die naeltjies in die ui-stukke. Plaas in ’n pan saam met die melk, lourierblaar en peperkorrels en bring oor matige hitte tot kookpunt.

2 Verwyder van die hitte en sit 5 min. eenkant. Gooi die melk deur ’n sif in ’n beker en gooi die soliede stukke weg.

3 Smelt die botter in ’n kleefwerende pan, voeg die meel by en kook 1 min. oor matige hitte terwyl jy roer. Verwyder die pan van die hitte en klits die melk geleidelik in. Sit die pan terug op die hitte en bring tot kookpunt terwyl jy 10 min. roer. Verwyder die pan van die hitte en roer die room, mosterd en 100 g kaas in.

4 Plaas die groente in ’n oondvaste bak en giet die kaassous oor. Strooi die oorblywende kaas oor en rooster 5 min. of tot die kaas borrel en goudbruin is.

Deur Hope MalauFoto: Megan Miller