Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 5 minute

Gaarmaaktyd: 6 minute

15 ml (1 e) olie

1 ui, gekap

’n hand vol vars koljander, gekap

10 ml (2 t) fyn komyn

15 ml (1 e) tamatiepasta

100 g kersietamaties, gehalveer

2 rooi brandrissies, gekap

5 ml (1 t) suiker

1 blik (400 g) botterbone, gedreineer

1 blik (400 g) nierbone, gedreineer

1 blik (400 g) cannellini-bone, gedreineer

1 blik (400 g) borlotti-bone

sout en peper

  1. Plaas die olie, uie, koljander en komyn in ’n mikrogolfbestande bak en mikrogolf 1 minuut of tot die uie sag is op hoog.
  2. Roer tie tamatiepasta en tamaties in en mikrogolf nog 2 minute op hoog.
  3. Roer die res van die bestanddele buiten die sout en peper in, en mikrogolf nog 3 minute op hoog.
  4. Geur met sout en peper en sit voor op geroosterde brood.