Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

60 g (4 e) botter

30 ml (2 e) olyfolie

250 g melerige aartappels, geskil en fyn gesny

450 g (5 stele) preie

500 ml (2 k) water

250 ml (1 k) melk

75 ml (5 e) room

sout na smaak

5 ml (1 t) witpeper

lang repe prei, geroerbraai, en

olyfolie vir garnering

Smelt die botter en olie in ’n kastrol.

Roerbraai die aartappels en preie 10 minute sonder dat dit verkleur.

Voeg die water en melk by en bring tot kookpunt.

Verlaag die hitte en laat prut ongeveer 20 minute tot die groente sag is.

Verwyder van die hitte en laat afkoel tot lou.

Verwerk tot glad met ’n stokmenger of in ’n voedselverwerker.

Voeg die room by en geur met sout en peper. Sit lou of koud voor.

Garneer met repe prei en druppels olyfolie.