Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

15 ml (1 e) olie

2 rooi uie, in skywe gesny

2 knoffelhuisies, gekap

500 ml (2 k) risotto-rys

5 ml (1 t) borrie

5 ml (1 t) paprika

750 ml (3 k) warm groenteaftreksel

5 ml (1 t) vars roosmaryn

200 g kersietamaties

150 g vars ertjies

400 g (1 blik) artisjokharte

1 Verhit olie in ’n pan oor matige hitte. Braai die uie en knoffel 2 minute of tot sag. Voeg die rys, borrie en paprika by en roer goed.

2 Voeg die aftreksel en roosmaryn by en bring tot kookpunt terwyl jy goed roer. Verminder die hitte en laat prut 20 minute of tot die vloeistof in die rys getrek het terwyl jy af en toe roer.

3 Voeg die kersietamaties en ertjies by en kook 5 minute. Verwyder van die hitte, roer die artisjokke in en sit voor.

- Hope Malau