Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

DEEG

500 ml (2 k) meel

5 ml (1 t) suurdeeg

5 ml (1 t) bakpoeier

45 ml (3 e) suiker

’n knippie sout

15 ml (1 e) olie

125 ml (½ k) louwarm water

VULSEL

½ kool

1 ui, fyngekap

15 ml (1 e) gekapte vars gemmer

sout en peper

5 ml (1 t) sojasous

Deeg:

Meng die meel, suurdeeg, bakpoeier, suiker en sout in ’n bak. Voeg die olie by en giet die water stadig in terwyl jy roer om te meng. Knie die deeg tot glad op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is – sowat 5 minute. Sit die deeg in ’n gesmeerde bak, bedek met kleefplastiek en laat rys 30 minute of tot die volume verdubbel het.

Vulsel:

Kook die kool 5 minute in ’n pot oor matige hitte. Haal dit uit die pot, druk die vloeistof uit en kap die kool fyn. Voeg orige vulselbestanddele by en sit eenkant.

Knie die deeg af en verdeel in 24 ewe groot balle. Rol die balle in sirkels uit en skep ’n bietjie van die vulsel in die middel. Verseël algaande die deeg deur dit toe te knyp.

Plaas die gevulde rolletjies in ’n emaljebak en stoom 15 minute in’n groot pot met ’n bietjie water daarin. Die rolletjies se grootte sal verdubbel. Sit voor met soja- of brandsous.

- Hope Malau