Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 25 min.

1 blik (400 g) barlotti-bone

1 blik (400 g) botterbone

1 blik (400 g) lensies

15 ml (1 e) olyfolie

2 sprietuie, gekap

3 knoffelhuisies, fyngedruk

3 cm gemmer, gerasper

blare van 2 tiemietakkies

2 ml (½ t) brandrissiepoeier

’n knippie fyn komyn

10 ml (2 t) suurlemoensap

45 ml (3 e) broodkrummels

sout en peper

30 ml (2 e) olie

1 slaaikop

2 tamaties

6 broodrolletjies

45 ml (3 e) mayonnaise

6 groot snye cheddarkaas

aartappelskyfies vir voorsit

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Maak die twee soorte bone en die lensies fyn in ’n bak.
  2. Verhit die olyfolie in ’n braaipan oor matige hitte en soteer die sprietuie, knoffel, gemmer en tiemie 2 minute. Roer die brandrissiepoeier en komyn in.
  3. Voeg die suurlemoensap, broodkrummels, sout en peper by die broodmengsel en meng goed. Verdeel in 4 koekies.
  4. Vee die braaipan uit en verhit die olie oor matige hitte. Skroei die koekies 3 minute weerskante. Verplaas na ’n bakplaat en bak 10 minute in die oond.
  5. Was die slaaiblare en maak dit droog en skeur die grotes in kleiner stukke. Sny die tamaties in skywe. Sny die broodrolletjies middeldeur en braai liggies in ’n pan.
  6. Stel die burgers soos volg saam: Smeer mayonnaise op elke rolletjie en plaas ’n koekie op die onderste helfte. Bedek met die kaasskywe, slaai, tamatie en ander helfte van die rolletjie. Sit voor met aartappelskyfie.