Genoeg vir 6 mense

Bereiding en afkoeltyd: 40 minute

Gaarmaaktyd: 5-8 minute

BURGERKOEKIES

2 blikke (400 g elk) gemengde bone

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

2 ml (½ t) fyn komyn

2 ml (½ t) fyn koljander

hand vol pietersielie, gekap

2 ml (½ t) brandrissiepoeier

30 ml (2 e) meel

sout en peper

SOUS

125 g hummus

30 ml (2 e) olyfolie

15 ml (1 e) suurlemoensap

15 ml (1 e) heuning

15 ml (1 e) tahini (sesam-pasta)

VIR AFRONDING

olie vir diepbraai

6 rolletjies

botterblaarslaai

1 tamatie, in skywe gesny

1 rooi-ui, in skywe gesny

1 Burgerkoekies Plaas die bestanddele in ’n voedselverwerker en verwerk tot ’n pasta met ’n growwe tekstuur. Vorm in dik koekies. Laat 30 minute of tot ferm in die yskas afkoel.

2 Sous Plaas al die bestanddele in ’n bak en klits tot goed gemeng.

2 Vir afronding Braai die koekies 5-8 minute of tot goudbruin weerskante in die warm olie.

4 Sny die rolletjies middeldeur. Smeer die onderste helftes met die sous en bedek met ’n burgerkoekie, blaarslaai, tamatie en ui. Bedek met die boonste helftes van die rolletjies.

- Hope Malau