Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute (week- en afkoeltyd uitgesluit)

3 x 400 g-blik botterbone/800 g gedroogde botterbone

45 ml (3 e) olie

1 ui, fyn gekap

3 knoffelhuisies, gekap

60 ml (¼ k) tamatie puree

2 x 410 g-blik gekapte tamaties

10 ml (2 t) suiker

5 ml (1 t) droë gemengde speserye

sout en vars gemaalde swart peper

’n hand vol pietersielie, fyn gekap (vir garnering)

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1.    As jy gedroogde bone gebruik, laat week oornag in water. Dreineer en plaas in ’n pot vol water. Sorg dat die bone met water bedek is. Bring tot kookpunt, verlaag hitte en laat prut vir 50 minute of tot sag.

2.    Verhit die olie in ’n pan op matige hitte en soteer die uie en knoffel tot sag. Voeg die res van die bestanddele by en laat prut vir vyf minute. Geur na smaak met die sout en peper en voeg die bone by.

3.    Plaas die mengsel in ’n kasserol en bak vir 45 minute in die oond. Laat toe om af te koel en garneer met die pietersielie.

- Hope Malau