GENOEG VIR 6

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 60 min.

15 g botter

15 ml (1 e) olyfolie

1 ui, fyn gekap

15 ml (1 e) matige kerriepoeier

2 rooi brandrissies, gekap

3 knoffelhuisies, fyngedruk

500 g botterskorsie, in blokkies gesny

2 wortels, gerasper

45 ml (3 e) blatjang

10 ml (2 t) suiker

’n hand vol koljander, gekap

2 x 410 g-blikke lensies, gedreineer

sout en peper

Eier-bolaag

500 ml (2 k) amasi

3 eiers

1,25 ml (¼ t) kerriepoeier

sout en peper

lourierblare

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n groot bakpan.

  1. Verhit die botter en olie in ’n groot pot en braai die ui, kerriepoeier, brandrissie en knoffel tot sag en geurig.
  2. Voeg die botterskorsie en wortel by, en soteer 10 min. tot die groente sag is en al die vloeistof verdamp het.
  3. Voeg die oorblywende bestanddele by en roer tot goed gemeng. Laat prut sowat 5 min. tot die mengsel verminder het. Geur na smaak.
  4. Plaas die lensiemengsel in die voorbereide bakskottel en maak met die agterkant van ’n lepel glad.
  5. Eier-bolaag: Klits al die bestanddele saam en giet oor die mengsel. Druk ’n paar lourierblare in en bak sowat 40 min.

Deur Hope MalauFoto: David Briers