Pasteideeg word nie lekker gaar in die mikrogolf nie. Maak ’n plan en bak die skilferkorsdoppies afsonderlik in die oond. Maak die sop vinnig in die mikrogolf klaar en sit sy kappie op.

Lewer 1,8 L

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

1 rol (400 g) skilferkorsdeeg, ontdooi

1 eiergeel

olie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

125 ml (½ k) gekapte sopseldery

3 lourierblare

1 L (4 k) groenteaftreksel

2 blikke (400 g elk) botterbone

200 g spinasie

45 ml (3 e) pesto van songedroogde tamaties

5 ml (1 t) gerookte paprika sout en vars gemaalde swartpeper sap en skil van 1 suurlemoen Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Rol die deeg uit en sny in sirkels die grootte van die koppies waarin jy die sop gaan opdien. Pak op ’n bakplaat.
  2. Borsel met eiergeel en bak tot gaar, bruin en uitgepof. Hou eenkant.
  3. Plaas die olie en ui in ’n glasbak en mikrogolf 2 minute tot die ui sag is.
  4. Voeg die res van die bestanddele by. Mikrogolf 5-7 minute tot die sop kook en geurig is.
  5. Skep die sop in die koppies en plaas die skilferkorsdoppies bo-op. Sit warm voor