Ons het marog (wildespinasie) in die resep gebruik.

Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

400 g engelhaarpasta

sout en peper

60 ml (¼ k) sesam- of olyfolie

500 g marog (wildespinasie), slegs blare

1 rooi ui, in skywe gesny

3 knoffelhuisies, gekap

2 cm-stuk gemmer, gekap

1 elk rooi en geel soetrissie, in blokkies gesny

2 eiers

45 ml (3 e) melk

  1. Kook die paste in kokende soutwater volgens die aanwysings op die verpakking tot net gaar. Dreineer en spoel af onder koue water. Gooi 30 ml (2 e) van die olie oor die pasta.
  2. Bring vars water tot kookpunt in dieselfde pot en voeg die marog by. Laat versag 3 minute; dreineer.
  3. Verhit die oorblywende olie in ’n braaipan of wok oor matige hitte en soteer die ui tot sag. Voeg die knoffel, gemmer en soetrissies by en kook 2 minute terwyl jy roer. Voeg die gedreineerde marog en pasta by en maak deurwarm.
  4. Klits die eiers en melk saam en geur met sout en peper. Giet in die pastamengsel, roer 3 minute en sit dadelik voor.