1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

15 ml (1 e) botter

15 ml (1 e) olie

400 g spinasie, gekap

1 blik (410 g) keker-ertjies, gedreineer

250 ml (1 k) roomkaas

sout en peper

4-6 tortillas

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Braai die ui en knoffel in die verhitte botter en olie tot gaar. Voeg die spinasie en keker-ertjies by en roerbraai tot die spinasie verwelk.
  2. Voeg die helfte van die roomkaas by en meng deur. Geur met die sout en peper.
  3. Verdeel tussen die tortillas, rol op en pak in ’n oondbak. Skep die res van die roomkaas oor en bak 15 minute.