“Ek maak nie gewoonlik happies nie, maar dié aartappelkoekies moes ek net probeer.” - Jacques Blignaut

Genoeg vir 2-4 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

100 g baba-spinasieblare, fyn gekap

200 g aartappels, geskil en grof gerasper

200 g murgpampoentjies, grof gerasper

80 ml koekmeel

100 ml parmesaankaas, gerasper

1 eier, geklits

sout en gemaalde swartpeper

30 ml (2 e) olie

40 g botter

ekstra gerasperde parmesaankaas vir garnering

Meng die spinasie, aartappels en murgpampoentjies in ’n groot mengbak.

Roer die meel, kaas en eier by tot alles goed gemeng is.

Geur met die sout en peper.

Verhit van die olie en botter in ’n pan.

Gebruik twee teelepels en skep lepels vol van die mengsel in die pan.

Braai tot goudbruin aan albei kante en gaar binne.

Skep uit op kombuispapier.

Herhaal tot alles  gaar is. Sit voor met ekstra kaas bo-oor gerasper.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Huisgenoot 10 Februarie 2011.