Lewer 12 skywe  

Bereiding: 15 minute

Afkoeltyd: 1 uur

Baktyd: 35 minute

330 ml (1? k) meel

knippie sout

125 ml (½ k) botter

30 ml (2 e) koue water

VULSEL

15 ml (1 e) olie

1 rooi soetrissie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

5 eiers

125 ml (½ k) gerasperde mozzarellakaas

125 ml (½ k) fyngekapte spinasie

80 ml (? k) room

30 ml (2 e) gerasperde parmesaankaas

sout en peper

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die meel, sout en botter met jou vingerpunte tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Meng die water in om ’n ferm deeg te vorm. Draai in kleefpapier toe en verkoel 1 uur in die yskas.

2 Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en sny ’n sirkel om in ’n gekartelde 20 cm-losboompan te pas. Prik die deeg met ’n vurk en voer met foelie uit. Bak 10 minute.

3 Vulsel: Verhit die olie in ’n klein pan oor matige hitte en soteer die rooi soetrissie en knoffel. Sit eenkant om af te koel.

4 Meng die res van die bestanddele en roer die afgekoelde soetrissies in. Giet in die kors.

5 Bak 25 minute of tot die middel geset het.

- Hope Malau