LEWER 20

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 40 min.

Pynappelsalsa

1 pynappel, geskil en in blokkies gesny

2 sprietuie, fyn gekap

1 rooi brandrissie, fyn gekap

’n hand vol koljander, fyn gekap

sap van 1 suurlemoen

sout en peper na smaak

Samoesas

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies

2 cm gemmer, gerasper

2 groen brandrissies

2,5 ml (½ t) borrie

5 ml (1 t) koljandersaad, gerooster en fyngedruk

2,5 ml (½ t) komynsaad, gerooster en fyngedruk

250 g gemaalde soja

swartpeper na smaak

400 g filodeeg in repe van 8 cm gesny

botter, gesmelt vir verf

Voorverhit die oond tot 180 oC.

  1. SALSA Meng al die bestanddele in ’n bak, bedek en verkoel tot nodig.
  2. SAMOESAS Soteer die ui oor matige hitte in ’n geoliede pan tot sag. Roer die knoffel, gemmer, brandrissie en speserye in. Braai terwyl jy roer tot geurig.
  3. Roer die gemaalde soja in met 250 ml (1 k) water en geur met swartpeper. Laat prut 5 minute of tot dik en laat afkoel.
  4. Plaas ’n reep van die filodeeg op ’n werkoppervlak, verf met botter en skep ’n eetlepel van die vulsel op die een hoek van die deeg. Vou die deeg met die vulsel in ’n driehoek.
  5. Herhaal tot al die mengsel gebruik is.
  6. Verf botter oor die gevulde samoesas en pak op ’n bakplaat. Bak 25 min. of tot goudbruin. Sit warm of teen kamertemperatuur voor met pynappelsalsa.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander