Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 30-40 minute

Genoeg vir 6 mense

6 middelslag rooi soetrissies

125 ml (½ k) water

30 ml (2 e) olyfolie

knippie sout

125 ml (½ k) koeskoes

15 g botter

100 g speseryworsies, in stukkies gesny

1 klein rooi ui, fyn gekap

100 g sampioene, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

50 g gruyèrekaas, gerasper

ekstra olyfolie

vars basilieblare

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak met olie.

Sny die boonste gedeelte van elke soetrissie af en verwyder die membrane en pitte aan die binnekant.

Bring die water en die helfte van die olie tot kookpunt en roer die sout en koeskoes by.

Verlaag die hitte, plaas die deksel op en stoom die koeskoes tot uitgeswel.

Roer die botter by en laat staan nog sowat 5 minute.

Vlok die koeskoes met ’n vurk.

Verhit die res van die olie en braai die worsies, ui en sampioene ’n paar minute.

Geur met sout en peper.

Roer die worsiemengsel by die koeskoes in en laat effens afkoel.

Roer die kaas by en skep die koeskoes in die soetrissies.

Besprinkel met olyfolie.

Plaas die gevulde soetrissies in ’n foeliebak en bak/braai sowat 30 minute oor matige hitte of tot gaar.

Garneer met basilieblare.

WENK: Die groente kan jy ook in ’n ketelbraaier gaarmaak.