Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Staan: 30 min.

Gaarmaak: 15 min.

PANNEKOEKE

3 eiers

375 ml (1½ k) melk

60 ml (¼ k) olie

500 ml (2 k) koekmeel

15 ml (1 e) bakpoeier

2 ml (½ t) sout

1 x 410 g-blik pitmielies, gedreineer

VULSEL

125 ml (½ k) roomkaas

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

15 g basilie

  1. Pannekoeke Klits die eiers, melk en olie saam. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die middel, gooi die melkmengsel by en klits tot goed gemeng. Voeg die mielies by en meng goed. Laat staan minstens 30 min.
  2. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan. Skep ’n soplepel vol van die mengsel in die pan en skud liggies sodat die mengsel oor die hele oppervlak van die pan versprei.
  3. Wanneer lugborreltjies op die oppervlak begin vorm, draai om en braai tot goudbruin aan albei kante. Herhaal met die res van die beslag.
  4. Vulsel Smeer van die roomkaas in elke pannekoek, sprinkel die soetrissie en basilie oor en rol toe. Sit dadelik voor.