200 g stilton- of bloukaas, gekrummel

75 ml bier of melk

50 ml koekmeel

100 ml vars broodkrummels

5 ml Engelse mosterd

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

3 ml worcestersous

tabascosous na smaak

1 heel eier

1 eiergeel

20 ml olyfolie

4 groot bruinsampioene, stele kort gesny

Verhit die kaas en bier of melk oor lae hitte tot die kaas gesmelt is – die mengsel moenie kook nie.

Voeg die meel, broodkrummels en mosterd by en laat tot ’n dik pasta prut.

Geur met sout, peper, worcester- en tabascosous en laat die mengsel afkoel.

Klits die eier en eiergeel by en plaas in die yskas.

Skakel die roosterelement van die oond aan.

Verhit die olie in ’n braaipan tot warm.

Geur die sampioene met sout en peper en braai in die olie tot sag.

Plaas die sampioene op ’n klein bakplaat.

Vorm die koue kaaspasta in 4 klein burgervormpies en plaas dit bo-op die sampioene.

Plaas die sampioene onder die roosterelement tot die kaas goudbruin is en dit begin borrel.

Genoeg vir 4 mense.

Volg Huisgenoot op Twitter.