Maak ’n sampioenburger waarvoor selfs vleiseters se mond sal water.

GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 5 min.

20 g botter

3 knoffelhuisies, gekap

4 bruin sampioene, gegeur

4 burgerrolletjies

2 hande vol roketblare

1 rooi-ui, in skywe gesny

2 tamaties

80 g cheddarkaas, in skywe gesny

400 g blik mangoskywe

  1. Smelt die botter in ’n braaipan oor matige hitte. Braai die knoffel en sampioene in die botter tot amper gaar en sit eenkant.
  2. Sny die rolletjies middeldeur en plaas die 4 onderste helftes op ’n opdienbord. Bedek die rolletjie-helftes met die roket, ui, tamaties, kaas, knoffelsampioene en mangoskywe. Plaas die ander helftes bo-op die mango.
  3. Sit dadelik voor met aartappelskyfies.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan