Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 10 min.

60 ml (¼ k) olyfolie

30 g botter

400 g gemengde sampioene, gehalveer indien groot

2 rooi brandrissies, gekap

2 preie, fyn gekap

3 knoffelhuisies, gekap

60 ml (¼ k) witwyn

100 g groenbone, geblansjeer

4 snye brood

ekstra olyfolie vir verf

1 knoffelhuisie

’n hand vol vars pietersielie

sout en peper

’n hand vol gerasperde mozzarellakaas

  1. Verhit die olie met die helfte van die botter in ’n groot pan oor matig hoë hitte. Braai die sampioene 2 min. of tot verlep. Haal uit en sit eenkant. Verminder die hitte tot matig.
  2. Voeg die oorblywende botter in die pan saam met die brandrissies, preie en gekapte knoffel. Roerbraai 2 min. of tot sag. Voeg dan die wyn by en kook 2 min. of tot verdamp. Sit die sampioene terug in die pan en roer die geblansjeerde bone in.
  3. Verhit intussen ’n roosterpan oor matig hoë hitte. Verf die brood weerskante met ekstra olyfolie en rooster dan 2 min. weerskante of tot effens verskroei. Vryf die een kant van elke sny met die gesnyde kant van die gehalveerde knoffel.
  4. Roer die pietersielie in die sampioenmengsel in, geur met sout en peper en strooi die mozzarella oor. Stapel op die geroosterde brood en sit voor.

Deur Hope Malau