Maak 8-10 tertjies

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 20-30 minute

gesmelte botter

500 g (500 ml) ricottakaas

100 ml vars parmesaankaas, fyn gerasper

100 g spinasie, fyn gekap

1 ekstra groot eier, geklits

2 ml (½ t) paprika

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

30 ml (2 e) olyfolie

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer ’n muffinpan met gesmelte botter en voer die holtes uit met bakpapier.

Dreineer die ricottakaas en druk enige vloeistof uit.

Meng met die res van die bestanddele, behalwe die olyfolie, en skep die muffinholtes driekwart vol.

Druk die vulsel effens plat en bak sowat 20-30 minute of tot gaar.

Verwyder uit die muffinpan en laat afkoel, keer die tertjies uit en bedruip met olyfolie.

Sit warm of koud voor.