Genoeg vir 4 mense

40 g botter

1 klein ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gekap

500 g spinasie, gesnipper

sout en vars gemaalde swartpeper

200 g ricottakaas

100 g fetakaas, gekrummel

5 eiers, geklits

sap en skil van klein een suurlemoen

250 g kersietamaties

1. Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n middelslag-oondbak met olie of kossproei.

2. Verhit die botter in ’n groot pan en braai die ui en knoffel tot sag en geurig.

3. Roer die spinasie by en braai sowat 5 minute. Geur met sout en peper en laat effens afkoel.

4. Meng die kase, eiers, sap en skil van die suurlemoen in ’n groot bak en roer die spinasie deur die kaasmengsel.

5. Skep alles in die oondbak en bak 15 minute of tot gestol. Sit die tamaties bo-op die die tert en bak nog sowat 5-10 minute tot gaar.