Moeg van groenboontjies met aartappels gestowe? Probeer hierdie vars manier van doen. Een voorwaarde: Die boontjies moet nog lekker jonk wees.

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 20-25 minute

50 ml botter

30 ml olyfolie

1 ui, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

1 rooi soetrissie, in repies gesny

500 g vars jong groenboontjies

50 g gevlokte amandels

30 ml Dijon-mosterd

vars origanum vir garnering

Verhit die botter en olie in ’n dieperige pan en roerbraai die uie tot net sag. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Voeg die soetrissie by, roerbraai ’n minuut en roer die groenboontjies daarby. Roerbraai ’n paar minute.

Roer die amandels en mosterd by en meng goed. Garneer met vars origanum.