Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

Genoeg vir 4-6 mense

15 ml (1 e) olie

3 knoffelhuisies, gekap

1 ui, in skywe gesny

1 eiervrug, in blokkies gesny

1 elk groen, geel en rooi soetrissie, in skywe gesny

410 g (1 blik) heel tamaties

250 ml (1 k) groenteaftreksel

4 murgpampoentjies, in halfmane gesny

5 ml (1 t) droë basilie

30 ml (2 e) droë tiemie

15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap

roosterbrood vir opdiening

Verhit die olie in ’n groot pan oor medium hitte. Voeg die knoffel en ui by en kook tot sag.

Roer die eiervrug en soetrissies in, bedek en laat 5 minute prut.

Voeg die tamaties en groenteaftreksel by en laat 3 minute prut.

Roer dan die murgpampoentjies en kruie in en laat 5 minute prut of tot die murgpampoentjies sag is.

Sit voor met geroosterde brood.

- Hope Malau

Foto: David Briers.