Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 50 min.

Verkoel: 15 min.

400 g broskorsdeeg

4 preie

15 ml (1 e) botter

15 ml (1 e) olie

1 rooi-ui, in skyfies gesny

’n paar takkies vars tiemie

sout en peper

200 g mozzarellakaas, gerasper

EIERVLA

250 ml (1 k) melk

2 eiers

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n quiche-pan met kossproei.

  1. Rol die deeg liggies uit en voer die pan uit. Prik met ’n vurk en sit vir minstens 15 min. in die vrieskas.
  2. Voer die deeg uit met bakpapier, gooi droë boontjies in en bak 10 min. blind. Haal die papier en boontjies uit.
  3. Sny 3 van die preie in ringetjies. Sny die ander prei in die lengte en hou eenkant vir garnering.
  4. Verhit die botter en olie in ’n pan en braai die ui, preiringetjies en tiemie stadig tot sag en goudbruin. Geur met sout en peper.
  5. Versprei die preimengsel in die kors en sprinkel die kaas oor.
  6. Eiervla Klits die melk en eiers saam; giet oor die quiche. Pak die orige prei bo-op en bak 40 min.