Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 10 min.

350 g blomkool, gekook tot net gaar

1 x 410 g-blik kekerertjies, afgespoel en gedreineer

15 g pietersielie, gekap

1 brandrissie, gekap

50 g geblansjeerde amandels, gerooster

125 ml (½ k) vars broodkrummels

5 ml (1 t) Dijon-mosterd

250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

sout en vars gemaalde peper

250 ml (1 k) fyn, droë broodkrummels

30 ml (2 e) olie

PITABRODE

4 pitabrode

60 ml (¼ k) blatjang

80 g slaaiblare

1 rooi-ui, in ringe gesny

  1. Sit die blomkool, kekerertjies, pietersielie, brandrissie, amandels, broodkrummels en mosterd saam in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot net gekap. Voeg die kaas by, meng goed en geur met die sout en peper.
  2. Vorm koekies en rol in die broodkrummels. Verhit die olie en braai tot goudbruin aan albei kante. Die koekies is taamlik sag; werk dus versigtig daarmee.
  3. Pitabrode Sny die pitabrode oop, smeer met die blatjang en vul met die slaaiblare, uie en blomkoolkoekies.