GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 15 min.

500 ml (2 k) room

400 g-blik kersietamaties

125 ml (½ k) pecorinokaas, gerasper

125 ml (½ k) mozzarellakaas

80 ml (? k) ricottakaas

sout en vars gemaalde peper

’n hand vol pietersielie, gekap

300 g pennepasta

50 g botter, in dun skywe gesny

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Bring ’n groot pot soutwater tot kookpunt. Meng al die bestanddele buiten die pasta en botter in ’n groot mengbak. Roer goed.
  2. Plaas die pasta in die kookwater en kook 5 min. gedeeltelik. Dreineer in ’n vergiettes, voeg by die bestanddele in die mengbak en meng deur.
  3. Plaas in ’n gesmeerde bakpan. Stip met botter en bak 10 min. of tot dit bo-op borrel.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan