15 ml (1 e) olyfolie

4 preie, in ringe gesny

2 wortels, gerasper

4-6 hoenderfilette, in skywe gesny

250 ml (1 k) Griekse jogurt

sout en peper

6-8 oranje patats, geskil en sag gekook

30 ml (2 e) botter

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Verhit die olie en braai die preie en wortels tot sag.
  2. Voeg die hoender by en braai effens.
  3. Roer die jogurt deur en geur met sout en peper. Laat 10 minute prut tot die hoender gaar is.
  4. Druk die patats fyn en meng die botter deur.
  5. Skep die hoendermengsel in ’n bak en bedek met die patat. Bak 10-15 minute.

Sit voor met ’n groenslaai.