Genoeg vir 4-6 mense

420 g patat, in blokke gesny

30 ml (2 e) olyfolie

30 g botter

3 knoffelhuisies, fyn gekap

1 prei, fyn gekap

5 ml (1 t) paprika

2 rooi soetrissies, in blokke gesny

sout en vars gemaalde swartpeper

1 L (4 k) groenteaftreksel

125 ml (½ k) rooi lensies

knippie suiker

parmesaankaas en pietersielie vir garnering

Kook of stoom die patats in ’n bietjie soutwater tot sag.

Verhit die olyfolie en die botter in ’n kastrol en braai die knoffel, prei en paprika ’n paar minute.

Voeg die soetrissies en gaar patat by die prei-en-knoffelmengsel en braai ’n minuut.

Geur met sout en peper.

Voeg die groenteaftreksel by, bring tot kookpunt en verlaag die hitte.

Laat prut sowat 5 minute.

Voeg die rou lensies by en laat prut sowat 20 minute of tot gaar.

Die lensies kook baie vinnig gaar.

Geur met ’n bietjie suiker en sit voor saam met brood.

Garneer met parmesaankaasskywe en pietersielie.