Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

Genoeg vir 6 mense

250 g pampoen, gekap

750 ml (3 k) hoenderaftreksel

10 ml (2 t) olie

1 ui, fyn gekap

1 knoffel, gekap

250 ml (1 k) mielierys

125 ml (½ k) witwyn (opsioneel)

250 ml (1 k) meel

2 eiers

250 ml (1 k) broodkrummels

olie vir diepbraai

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Plaas die pampoen op ’n gesmeerde oondpan en bak 20 minute of tot gaar.

Bring die aftreksel tot kookpunt oor medium hitte.

Verhit die olie in ’n kastrol oor medium hitte, voeg die ui en knoffel by en kook 5 minute of tot sag terwyl jy aanhoudend roer.

Voeg die rys by en roer 2 minute.

Voeg die wyn by, indien jy dit gebruik, en roer tot geabsorbeer.

Voeg ’n koppie aftreksel by die rys en roer tot geabsorbeer.

Hou aan aftreksel byvoeg en roer 15 minute of tot sag. Verwyder van die hitte en laat heeltemal afkoel.

Voeg die pampoen by die afgekoelde rys en roer tot gemeng.

Rol 45 ml (3 e) rysmengsel in ’n bal. Plaas die meel, eiers en broodkrummels in aparte borde.

Druk die rysballe in die meel om dit liggies te bedek en doop dit dan in die eier.

Bedek met broodkrummels.

Plaas hulle op ’n skinkbord en verkoel 30 minute in die yskas.

Gooi genoeg olie in ’n kastrol en verhit oor medium hitte.

Braai die balle 5 minute in die olie of tot goudkleurig.

- Hope Malau