GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 15-20 min.

250 g filodeeg

45 ml (3 e) botter, gesmelt

KAASMENGSEL

150 g ricottakaas

250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas

1 wiel fetakaas, gekrummel

1 ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

vars gemaalde peper

BOLAAG

4-6 murgpampoentjies

125 g kersietamaties, gehalveer

Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en bespuit met kossproei.

  1. Plaas 4 velle filodeeg wat met botter gesmeer is op mekaar en plaas op die bakplaat. Vou die kante van die filodeeg effens in sodat dit ’n rand vorm.
  2. Kaasmengsel Meng al die bestanddele en geur met die peper. Versprei die mengsel in die filodeeg. Bolaag Sny die murgpampoentjies in linte met ’n groenteskiller en versprei oor die kaasmengsel. Pak die tamaties op en verf die rand van die filodeeg ook met die botter.
  3. Bak 15-20 min. in die verhitte oond of tot die deeg goudbruin is.
  4. Sprinkel vars basilieblare* oor, sny in skywe en sit voor.