Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 25 min.

1 ui, in skywe gesny

5 ml (1 t) olie

2 ml (½ t) fyn kaneel

5 ml (1 t) fyn komyn

250 g sampioene, in kwarte gesny

1 blik (400 g) gekapte tamaties

1 blik (400 g) keker-ertjies

5 ml (1 t) heuning

sout en peper

175 g koeskoes

’n hand vol vars pietersielie, gekap

  1. Soteer die ui in die olie tot sag en roer dan die kaneel en komyn in. Voeg die sampioene by en kook 2 minute. Voeg die tamaties, keker-ertjies en heuning by. Geur met sout en peper en laat prut 10 minute.
  2. Plaas die koeskoes in ’n bak en voeg 250 ml (1 k) kookwater by. Roer om deur te meng, bedek en laat staan 7 minute of tot sag.
  3. Vlok die koeskoes met ’n vurk en bedek met die sampioenmengsel. Strooi die pietersielie oor en sit voor.