4 eiervrugte, in skywe gesny

2 uie, gekap

3 knoffelhuisies, fyn gedruk

500 g maalvleis

45 ml (3 e) tamatiepasta

5 ml (1 t) suiker

sout en peper

30 ml (2 e) botter

30 ml (2 e) meel

250 ml (1 k) melk

125 ml (½ k) mozzarellakaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Pak die eiervrug op ’n plaat, sprinkel ’n bietjie olie oor en oondbraai 15 minute.
  2. Braai die uie en knoffel in ’n bietjie olie. Voeg die vleis by en braai tot gaar. Hou eenkant.
  3. Meng die tamatiepasta en suiker by en laat sowat 10 minute prut tot geurig. Geur met sout en peper.
  4. Berei ’n witsous met die botter, meel en melk.
  5. Pak lae eiervrug, vleis en sous in ’n bak.
  6. Sprinkel die kaas oor en bak 15 minute tot goudbruin.
  7. Sit voor met slaai.