Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 30 minute

Rystyd: 2 uur

Gaarmaaktyd: 1 uur (kerrie); 18 minute (naanbrood)

NAANBROOD

200 ml (¾ k) melk

875 ml (3½ k) meel

1 eier, geklits

2 ml (½ t) sout

10 ml (2 t) suiker

5 ml (1 t) bakpoeier

7,5 ml (½ e) droë gis

30 ml (2 e) groenteoplie, plus ekstra vir verf

60 ml (¼ k) gewone jogurt

KERRIE

500 ml (2 k) bruin lensies

500 ml (2 k) groen splitertjies

125 g botter

1 ui, grof gekap

15 ml (1 e) kerriepoeier

1 tamatie, grof gekap

2 cm vars gemmer, fyn gekap

2 knoffelhuisies, gekap

5 ml (1 t) fyn koljander

sout en peper

VIR VOLTOOIING

5 ml (1 t) papawersaad

  1. Naanbrood: Verhit die melk effens in ’n potjie. Verwyder van die hitte.
  2. Sif die meel in ’n bak.
  3. Meng die eier, sout, suiker, bakpoeier, gis, 30 ml (2 e) olie, jogurt en 80 ml (? k) van die warm melk goed in ’n ander bak. Giet die mengsel oor die meel en meng dit met jou hande in.
  4. Voeg die oorblywende warm melk 15 ml (1 e) op ’n slag by die meel. Begin knie op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is. Knie goed sowat 10 minute of tot die deeg elasties is.
  5. Vorm die deeg in ’n bal, verf met ekstra olie, bedek met ’n klam lap en laat rys 2 uur teen kamertemperatuur.
  6. Kerrie: Kook die lensies en splitertjies ’n halfuur in 2 L water.
  7. Verhit die botter in ’n ander pot en braai die ui tot goudkleurig. Voeg die kerriepoeier by en roer tot deurgemeng. Roer die tamatie, gemmer en knoffel in en verhit 5 minute.
  8. Dreineer die lensies en hou die water. Voeg die lensies by die tamatiemengsel. Voeg die lensies se kookvloeistof en koljander by. Roer goed en kook 20 minute. Geur met sout en peper.
  9. Vir voltooiing: Voorverhit die rooster en verf drie bakplate liggies met olie.
  10. Knie die brooddeeg weer ’n minuut of twee. Verdeel in ses balle en rol met ’n koekroller uit. Tik met jou hande tot jy traandruppelvorms het, elk sowat 28 cm lank en 10 cm breed. Plaas twee op elke bakplaat, bedek met ’n klam lap en los ’n kwartier op ’n warm plek.
  11. Verwyder die lap, verf die middelste deel van elke naanbrood met water en los ’n rand van 1 cm. Bestrooi die klam deel met die papawersaad. Plaas die bakplate een op ’n slag 6-7 cm onder die rooster en bak sowat 3 minute of tot effens verbruin weerskante.
  12. Sit die naanbrood saam met die lensiekerrie voor.