Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 25 min.

15 ml (1 e) olie

½ ui, gerasper

2 cm vars gemmer, gerasper

2 knoffelhuisies, fyn gemaal

500 g lensies, afgespoel

3 aartappels, in blokkies gesny

1 L (4 k) groenteaftreksel

50 g rooi kerriepasta

50 g geel kerriepasta

10 ml (2 t) kerriepoeier

5 ml (1 t) borrie

sout en peper

1 x 400 g-blik klappermelk

koljander vir garnering

  1. Verhit ’n pot oor matige hitte. Voeg olie by en soteer die ui, gemmer en knoffel 2 min. Voeg lensies, aartappels en aftreksel by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en voeg die kerriepastas, kerriepoeier en borrie by.
  2. Laat dit 20 min. prut tot die lensies die meeste van die vloeistof geabsorbeer het en sag is. Voeg klappermelk by en roer tot romerig.
  3. Sit dadelik voor saam met koljander as garnering.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers