Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

VULSEL

1 ui, gekap

15 ml (1 e) olie

1 ml (¼ t) brandrissiepoeier

5 ml (1 t) elk fyn komyn, kaneel en borrie

50 g tamatiepasta

15 ml (1 e) appelkooskonfyt of bruinsuiker

10 ml (2 t) appelasyn

60 ml (¼ k) grof gekapte amandels

60 ml (¼ k) rosyne

500 ml (2 k) gaar lensies

500 ml (2 k) geroosterde botterskorsieblokkies

sout en peper na smaak

BOLAAG

2 eiers

60 ml (¼ k) melk

’n paar lourierblare

SAMBALS

gekapte uie en tamatie

gekapte piesang en komkommer gemeng met natuurlike jogurt

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondbak.

  1. VULSEL Soteer die ui in die olie tot sag. Meng die speserye deur. Voeg die res van die vulselbestanddele by en meng liggies. Skep in die voorbereide bak.
  2. BOLAAG Klits die eiers en melk en giet oor die lensie-mengsel. Druk die lourierblare in. Bak 30 minute of tot die eiermengsel gestol het. Sit voor met sambals.