Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

250 g droë rooi splitlensies, gespoel tot die water deursigtig is

45 ml (3 e) olie

15 ml (1 e) komynsaad

1 ui, gekap

3 groen brandrissies, gesplits

5 ml (1 t) gesnyde gemmer

3 knoffelhuisies

1 blik (410 g) heel tamaties

2 ml (½ t) borrie

2 ml (½ t) garam masala

5 ml (1 t) fyn koljander

15 ml (1 e) suiker

sout en peper

rys en blatjang vir voorsit

1 Plaas die lensies in ’n pot water en bring tot kookpunt. Skep die skuim af en laat prut 20 minute of tot die lensies sag is terwyl jy af en toe roer.

2 Dreineer en klits tot gebreek. Sit eenkant om af te koel.

3 Verhit die olie oor matige hitte en braai die komynsaad tot geurig. Voeg die ui, brandrissies en gemmer by en kook 5 minute of tot die ui sag is.

4 Voeg die knoffel en tamaties by en roer tot goed gemeng. Voeg die borrie, garam masala, koljander en 125 ml (½ k) water by en laat prut 15 minute oor lae hitte. Geur met die suiker, sout en peper.

5 Roer die gekookte lensies in tot goed gemeng en voeg nog water by indien jy dit klammer wil hê. Sit voor met die rys en blatjang.

- Hope Malau