GENOEG VIR 3 MENSE

Bereiding: 20 min.

Gaarmaaktyd: 30 min.

PASTEI

olie

1 ui, fyn gekap

15 ml (1 e) matige kerriepoeier

knippie fyn komyn

800 g pampoen- of botterskorsieblokkies

60 ml (¼ k) bruinsuiker

60 ml (¼ k) tamatiepasta

sout en swartpeper

500 ml (2 k) gaar bruinlensies

groot hand vol fyn gekapte koljanderblare

BOLAAG

250 g patat

30 ml (2 e) olyfolie

SALSA

2-3 klein tamaties, kleiner gesny

1 stingelui, gekap

asyn

Voorverhit die roosterelement van die oond en smeer ’n vuurvaste middelslag-bak.

  1. Pastei Verhit die olie en braai die ui tot sag. Voeg die kerrie en komyn by.
  2. Voeg die pampoenblokkies en 100 ml water by. Bedek en laat prut tot die pampoen net sag is. Geur met die bruinsuiker, tamatiepasta, sout
  3. en peper en druk effens fyn.
  4. Meng die lensies en koljanderblare by. Skep in die voorbereide bak.
  5. Bolaag Kook die patat in soutwater tot sag. Maak goed fyn met die olyfolie. Skep oor die lensiemengsel, smeer rofweg en bak tot die puntjies net effens verbruin het.
  6. Salsa Meng die bestanddele en sit voor saam met die herderspastei.