GENOEG VIR 2 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 8 min.

20 g botter

4 snye brood

30 ml (2 e) olyfolie

1 knoffelhuisie, in skywe gesny

1 sprietui, in skywe gesny

2 hande vol krulkool

sout en vars gemaalde peper

200 g mozzarellakaas

1.     Verhit ’n pan oor matige hitte. Verdeel die botter eweredig tussen vier snye brood; smeer dit dun aan die een kant van elke sny.

2.     Verhit die olie in ’n middelslag-pan oor matig-hoë hitte. Voeg die knoffel en sprietui by. Voeg die krulkool, sout en vars gemaalde peper by en braai ’n paar minute tot verlep en die meeste van die vog uitgebraai is.

3.     Stel die toebroodjies saam deur twee snye brood met die botterkant na onder op ’n pan te sit. Sit ’n skyf kaas op elkeen. Verdeel dan die krulkoolmengsel in die helfte en skep ’n helfte op elke sny. Bedek met die oorblywende 2 skywe kaas en snye brood met die botterkant na bo.

4.     Keer ná 3 min. om en braai die ander kant 3 min.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller