koeskoes-main

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

1 pak (250 g) spekvleis, in stukkies gesny

1 ui, grof gekap

40 ml (8 t) botter

15-20 (± 200 g) kersietamaties

375 ml (1½ k) koeskoes

375 ml (1½ k) warm hoenderaftreksel

50 g parmesaankaas, gerasper

  1. Braai die stukkies spekvleis 3-5 minute in ’n groot pan met ’n deksel oor matige hitte tot bruin en bros.
  2. Roer die grof gekapte ui en botter by en soteer 3-4 minute tot die ui lekker sag is.
  3. Voeg die kersietamaties by en soteer net tot die skilletjies begin bars.
  4. Roer die koeskoes by en giet die warm hoenderaftreksel oor.
  5. Plaas die deksel op, verwyder van die hitte en laat 10 minute staan.
  6. Roer die helfte van die gerasperde parmesaankaas by en sprinkel die res van die kaas bo-oor.