Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

1 rooi-ui, gehalveer, in dun wiggies gesny

3 knoffelhuis, gekneus

2 groen rissies, fyn gekap

5 ml (1 t) komynsaad, liggies gekneus

10 ml (2 t) fyn koljander

2,5 ml (½ t) borrie

250 g kersietamaties, gehalveer

500 g blomkool, skoongemaak en in blommetjies gesny

125 ml (½ k) water

1 x 400 g-blik keker-ertjies, afgespoel en gedreineer

200 g groenbone

’n handvol vars koljanderblare, gekap

rys vir voorsit

1. Verhit ’n pan oor matig tot hoë hitte. Roerbraai die ui 3 min. tot liggies goudbruin. Voeg die knoffel, rissies, komynsaad, koljander en borrie by. Roerbraai 1 min. of tot geurig.

2. Roer die tamaties, blomkool en water by en bring tot kookpunt. Stel die hitte laag. Bedek die pan en laat 6 min. liggies prut.

3. Roer die keker-ertjies en bone by. Bedek en laat 3 min. liggies prut.

4. Roer die gekapte koljander by. Skep die rys in bakkies en verdeel die kerrie tussen die bakkies vir opdiening.

Deur Hope Malau