Deur Victoria Allen, YOU-wenresep vir 25 Julie 2013

Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10-12 minute

15 ml (1 e) olyfolie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

1 cm gemmer, fyngekap

1 groen rissie, gekap (opsioneel)

30 ml (2 e) geroosterde masalapoeier

410 g-blik gekapte tamaties

2 wortels, gerasper

750 ml (3 k) groenteaftreksel

sout en peper

5 ml (1 t) suiker

820 g (2 blikke) bruin lensies, afgespoel

  1. Verhit die olie in ’n groot kastrol. Braai die ui, knoffel, gemmer en rissie oor  matige hitte tot die ui deurskynend is.
  2. Voeg die masala, tamaties, wortels en aftreksel by en geur met die sout en peper. Verminder die hitte, voeg die suiker by en laat prut 5 minute.
  3. Voeg die lensies by, proe, geur indien nodig en laat nog 5 minute prut.