Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 35 minute

Genoeg vir 6 mense

15 ml (1e) olie

1 ui, fyn gekap

4 knoffelhuisies

2 groen brandrissies, gekap

15 ml (1 e) wonderpeper

800 g (2 blikke) keker-ertjies

500 ml (2 k) groenteaftreksel

800 g (2 blikke) tamatiepuree

Verhit die olie in ’n pan oor medium hitte en voeg die ui, knoffel, brandrissies en wonderpeper by.

Laat kook 5 minute of tot die ui sag is terwyl jy aanhoudend roer.

Voeg die keker-ertjies, aftreksel en tamatiepuree by.

Laat dit 25 minute oor lae hitte prut. Verwyder van die hitte en hou dit eenkant om af te koel.

Giet die helfte van die sop in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad.

Gooi dit in die pot terug en laat 10 minute prut.

Geur met sout en peper en sit voor saam met sagte brood.