Lewer 2 L sop

Bereiding: 10 min

Gaarmaaktyd: 30 min

SOP

olyfolie

2 knoffelhuisies, fyngedruk

1 ui, gekap

1 groen brandrissie, gekap

10 ml (2 t) fyn komyn

3 wortels, in ringe gesny

1 kg patat- en botterskorsieblokkies

1,5 L (6 k) groenteaftreksel

30 ml (2 e) gekapte pietersielie

sout en peper na smaak

500 ml (2 k) karringmelk

AFRONDING

patatskaafsels

grasuie

SOP

Verhit die olie en roerbraai die knoffel, ui en brandrissie tot sag.

Roer die komyn by.

Voeg die groente by en meng deur.

Voeg die aftreksel by, bring tot kookpunt.

Verlaag die hitte en laat prut sowat 20 minute tot die groente sag is.

Verpulp met ’n staafmenger, voeg die pietersielie by en geur na smaak met sout en peper.

Roer die karringmelk by.

Moenie weer kook nie.

AFRONDING

Sny lang, dun skaafsels patat met ’n aartappelskiller en braai in verhitte olie tot goudbruin.

Dreineer op kombuispapier.

Skep die sop in bakkies en rond af met patatskaafsels en grasuie.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Huisgenoot 23 Junie 2011.